Europese Sokkerkampioenskap 2016

Europese Sokkerkampioenskap 2016
UEFA Euro 2016

Logo van die Sokkerkampioenskap
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Frankryk Frankryk
Datums 10 Junie – 10 Julie
Spanne 24 (van 1 konfederasie)
Stadions 10 (in 10 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Portugal Portugal (1 titel)
Tweede plek Vlag van Frankryk Frankryk
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 51
Doele 108 (2.12 per wedstryd)
Bywoning 2 427 303 (47 594 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Antoine Griezmann
(6 doele)
Beste speler Vlag van Frankryk Antoine Griezmann
2012
2021

Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2016 of kort Euro 2016, Frans: Championnat d'Europe de football 2016) is van 10 Junie tot 10 Julie 2016 in Frankryk aangebied. Dit was die 15de aanbieding van die vierjaarlikse UEFA Europa-beker-toernooi en die derde keer (1960, 1984 en 2016) wat Frankryk die geleentheid gekry het om as gasheer op te tree.

Die Europese Sokkerkampioenskaptrofee waarom meegeding is

Vir die eerste keer in die geskiedenis het 24 spanne vanuit verskeie Europese lande aan die toernooi deelgeneem. Dit is ’n uitbreiding van 8 spanne, waardeur daar ook 20 wedstryde meer gespeel is. Die sokkerspanne van Albanië, Noord-Ierland, Slowakye, Wallis en Ysland het vir die eerste keer aan die UEFA Europa-beker-toernooi deelgeneem.

Spanje was die tweemalige houer en die verdedigende kampioen van die UEFA-trofee, nadat hulle die toernooie in 2008 en in 2012 gewen het. Portugal het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Frankryk op 10 Julie op die Stade de France in Saint-Denis met 1–0 in ekstra tyd geklop het en sodoende hul eerste Europese titel ingepalm het; Portugal het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gekwalifiseer.[1] Die verdedigende kampioen Spanje is in die agtste eindrondte uitgeskakel.

  1. (en) "FIFA Confederations Cup Russia 2017 – Teams". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019. Besoek op 12 Februarie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search